
=====================================================================
Waardeer mekaar se verdienstes (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Waardeer mekaar se verdienstes

    Skep die moontlikheid, reageer Hans Ester op Dan Roodt se bydrae in Afrikaans Vandag Maart 1999, om mekaar uit die Lae Lande en uit 
Suid-Afrika te leer ken en waardeer.   TOE ek Afrikaans Vandag van Maart hierdie jaar lees, kon ek my o eers nie glo nie. Dan Roodt, die 
kompromislose nonkonformis en stryder vir waarheid en geregtigheid, handel deesdae in opsies by 'n Amerikaanse bank. Die titel van sy boek 
Sonneskyn en Chevrolet (1980) het 'n aardige voorspellende waarde gehad. Maar nouja, ek sal hom sy maatskaplike loopbaan in die dorp van 
ons teenswoordige wreld nie misgun nie. Ook Marx se neef Philips het tot groot welgesteldheid gekom.

Wat daarenteen wel terde hinder in Roodt se artikel is die skerp en onvriendelike toon wanneer hy van Nederland en van die toekoms van die 
Nederlandse taal praat. Mens kan sonder enige twyfel lelike en negatiewe uitsprake oor die Nederlandse samelewing doen, maar dit is 
eenvoudig onsin om te beweer dat hierdie Nederlandse samelewing totaal in sigself gekeer sou wees.

Die teendeel is waar. Slegs sou ons kan beweer dat die land deesdae te min introvert en te veel ekstrovert is. Laat Dan Roodt gerus by ons 
kom kuier, dan sal hy sien dat in die oostelike gedeelte van die land wat aan Duitsland grens, deur baie mense goeie Duits gepraat word. 
Oor die algemeen bestaan daar in Nederland 'n groot bereidheid om 'n tweede taal te leer. Die taal van Kerkrade en ander dorpe in die 
provinsie Limburg is self 'n dialek van die Duitse taal. Kom sit in die trein van Maastricht na Zandvoort en in die Intercity van Amsterdam 
na Groningen dan kan jy die oorgang van die een streektaal na die ander met jou eie ore hoor. Vir 'n groot gemeenskap uit die noordelike 
provinsies is Nederlands beslis 'n tweede taal ten opsigte van die Saksies wat hulle by die huis geleer het en wat nou deur die Europese 
Unie as 'n minderheidstaal erken is.

Venynig word Roodt se artikel wanneer hy die retoriese vraag stel: "Watter Nederlander sedert Spinoza (wat 'n Jood was) het al ooit 'n 
bydrae tot die menslike denke gelewer?" Roodt besef natuurlik self dat hierdie uitspraak twak is. Spinoza het sy basiese idees van sy 
leermeester in Leiden oorgeneem. Maar maak dit saak tot watter geloofsgemeenskap hy behoort het? Nederland het hom gevorm. Dit is die ding. 
Het Roodt verder miskien ooit van Erasmus van Rotterdam of van Frans Hemsterhuis (kyk gerus onder Goethe in die ensiklopedie) gehoor? Of 
van Jacobus Moleschott, die groot filosoof van die materialisme wat die materialistiese filosofie van die nentiende eeu sterk benvloed 
het? Hy was professor in Utrecht. Of van ons tydgenoot Jan van den Berg met sy invloedryke metabletica-boeke? Roodt se reaksie is 
boosaardig en ek is geneig om te vra: wat het die Nederlanders jou aangedoen?

Dan Roodt sou iets van Karl Marx kon leer. Marx het Nederlands probeer beheers om met sy Nederlandse familielede (inderdaad die familie 
Philips te Geldermalsen) te kan kommunikeer. Trouens, hy was 'n halwe Nederlander. As Dan Roodt tog hier kom kuier, kan ons die Nijmegen 
geboortehuis gaan wys waar sy ma, Henritte Pressburg, gebore is, en die sinagoge besoek waar sy ouers getroud is. Wie het Nederland verder 
nog aan die wreld gegee? Byvoorbeeld, die lieftallige Audrey Hepburn en Linda Christian, die ondeunde Sylvia Kristel (Emmanuelle) en die 
groot filmakteur Dirk Bogarde. Is Roodt tevrede?

En nou nog die taal? Dan Roodt se assertiwiteit by die verdediging van die Afrikaanse taal in die Suid-Afrikaanse samelewing lyk my 
pragtig. Dit is ook die belangrike hoofpunt van sy artikel. Maar dit is onbegryplik dat hy die groei en bloei van Afrikaans spiel aan die 
ondergang van sy Europese neef met die naam Nederlands. In die Nederlandse Grondwet ontbreek enige verwysing na Nederlands as enigste 
amptelike taal in Nederland. Die rede is dat dit absoluut vanselfsprekend is dat iedereen hier te lande Nederlands as eerste of tweede taal 
kan praat. Daarom is dit nie nodig om die taal te beskerm nie. Sekerlik bestaan daar 'n onnodige invloed van Engels op Nederlands, veral op 
die gebied van die rekenaarwese en die informasie-tegnologie. Maar aan die ander kant moet ook opgemerk word dat Nederlands die Engelse 
uitdrukkings in sy eie taalsisteem inpas, sodat 'n mens nou in Nederlands kan praat van "chatten" en "gechat" of van "Ik ga emailen" en "ik 
heb ge-emailed". Of dit mooi is, is 'n gans ander vraag.

Nee, Dan Roodt, jy het met spek geskiet. Nederlanders beskou kennis van Afrikaans as 'n groot verryking van hul eie taal Nederlands. 
Dieselfde sal vir enige Afrikaanstalige geld wat na 'n Nederlandstalige land soos Nederland of Vlaandere kom. Is dit nie 'n aangename 
verrassing as jy op die Waterloo-stasie in Londen bordjies in die gedeelte van die Eurostar na Brussel sien met die aanduiding "vertrekhal" 
nie? Nederlands in die hart van die British Empire, gee dit jou nie 'n plesierige gevoel nie? Ek kan jou verseker dat die toekoms van 
Europa lei na erkenning van die baie tale as deel van ons ekologie. Tot di ekologie behoort die Nederlandse taal. Laat Afrikaanstaliges 
hul eie belang in die kennis van Nederlands erken pleks van 'n antagonistiese houding aan te neem. Kom, ons kyk oor mekaar se skutting! 
Prof. Hans Ester, Katholieke Universiteit, Nijmegen, is voorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut, Keizersgracht 141, 1015 CK Amsterdam. 
Kassie in storie Dan Roodt skryf in 'Dra Afrikaans verlig die wreld in':
'In baie opsigte is Nederlands veel meer parogiaal in die sin dat dit totaal in sigself gekeer is en gefokus is op die Lae Lande sonder 
noemenswaardige tweede- en derdetaalsprekers. Dit het ook nie die taamlik kreatiewe tegniese woordeskat van Afrikaans nie. En bowendien, 
watter Nederlanders sedert Spinoza (wat 'n Jood was) het al ooit 'n bydrae tot die menslike denke gelewer?'

ONS LESERS SKRYF

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6320.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

